Andries en Nicolas van der Vyver van Paul Roos Gimnasium was beide lid van die Westelike Provinsie Gholfspan tydens die interprovinsiale 2021 Katberg Challenge vir onder-15’s by die Katberg Gholfoord in die Oos-Kaap van 19 tot 22 Maart.
Die WP 0/15-span het al die provinsies met 51 houe gewen. Andries van der Vyver is gelys as een van die top 10 spelers en het uiteindelik ‘n vierde plek behaal met slegs 1 hou agter die tweede en derde plekke. Nicolas van der Vyver spog met ‘n “Naaste aan die putjie” – (o/15) prys na ‘n skitterende finale rondte van 76 en ‘n algehele twaalfde posisie.
Foto verskaf