Paul Roos Gimnasium se Justin Cowley het deelgeneem aan die Wêreldkennis Olimpiade. Die Wêreldkennis Oplimpiade is ‘n jarelange nasionale olimpiade vir graa 6-12 leerders in Suid-Afrika. Die doel van die Olimpiade is om die algemene kennis van leerders te toets. Daar het vanjaar 23 000 leerders aanlyn oor twee rondtes deelgeneem. Justin Cowley van Paul Roos Gimnasium was nasionaal tweede in graad 10 en behalwe ‘n sertifikaat, wen hy R600.