)

Paul Roos Gimnasium leerder stap met die louere op internasionale vlak weg

Pellatt Smith, ’n graad 11-leerder aan Paul Roos Gimnasium, is een van vyf hoërskoolleerders uit die Wes-Kaap wat vroeër vanjaar spesiale keuring ontvang het om aan die Performing Arts International Stars 2021-kompetisie deel te neem. Hierdie gesogte internasionale kunswedstryd is deur 16 kenners beoordeel en het vanjaar met ongeveer ’n 1000 deelnemers gespog. 

Talent Africa het as platform vir Suid-Afrikaanse leerders gedien om aan die kompetisie deel te neem. Die gekeurde leerders het deel gevorm van die Suid-Afrikaanse span wat FPASA (Federation of Performing Arts South Africa) op internasionale vlak verteenwoordig het. Die Suid-Afrikaanse span het uit 220 leerders bestaan en daar was altesaam 26 lande wat vanjaar deelgeneem het. 

Pellatt het vir hierdie prestige-kompetisie gekwalifiseer op grond van sy PodiumPret-toespraak van 2020. Hy het gevolglik na die finale rondte van die Poland-Ierland-been van die kompetisie wat vanjaar in Mei beoordeel is, deurgedring.

Dit is die eerste keer dat ’n Paul Roos-leerder in ’n internasionale kultuurkompetisie as Afrikaans-redenaar meegeding het. Dié talentvolle jong redenaar het met die louere weggestap deur die eerste plek in sy ouderdomsgroep (16-19 jariges) in die oop-kategorie te behaal. Die organiseerders van die kompetisie het ruimte gelaat vir leerders om in hulle moedertale soos Afrikaans te kan deelneem  wat dit besonders maak.

Hierdie bekroonde jong redenaar is passievol oor sy moedertaal en neem al van graad 1 af  aan Afrikaans-kunswedstryde deel. Alhoewel Pellatt hierdie prestasie as die spreekwoordelike kersie op die koek beskou, bly hy nederig en wil graag terugploeg deur ’n mentor vir jong redenaars aan Paul Roos Gimnasium te wees.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal