)

Oudtshoorn – Schools That Rock gesels met Annalize van der Westhuizen

Oudtshoorn. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Annalize van der Westhuizen, Hoofdogter vir 2022 van Hoërskool Oudtshoorn.

Annalize, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Oudtshoorn?

Ek sien my rol as hoofleier om ‘n goeie voorbeeld vir ons skool se leerders te stel sodat ons kan aanhou bou op die fondasie van vorige leiers.

Hoe het die afgelope vier jaar by Struisies jou vir die rol as leier voorberei?

Ek het al op verskillende plekke en vlakke as ‘n leier by my skool ingetree. My onderwysers en mentors het my mooi touwys gemaak.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

My pa.

Watter studieriging beoog jy na skool
Ek gaan BSc Sportwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosh studeer en ek wil daarna my Honneurs in Biokinetika voltooi.
Wat staan vir jou die meeste uit by jou skool?

Struisies is nie net `n skool nie. Dis `n familie. Hoërskool Oudtshoorn se gees is een van die dinge wat vir my die meeste uitstaan omdat dit by soveel ander dinge aansluit. Gees is nodig by sport, kultuur en akademie en dit maak dat Struisies `n familie vorm.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Nee, ek dink nie dat sport verpligtend in skole moet wees nie. Elke leerder het iets waarin hulle belangstel en wat hulle geniet. Ek dink tog dat elke leerder moet probeer om by `n sport-of kultuuraktiwiteit betrokke te wees omdat dit ‘n skool se gees bou.

Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Tydens my skoolloopbaan het ek my sport die meeste geniet. Op die sportvelde het ek baie van respek en sportmanskap geleer.

Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?

My doelwitte vir Struisies is om ons leierkorps se missie en visie vir 2022 te bereik. Ek wil graag `n positiewe verskil in ons skool maak en mense aanmoedig om meer betrokke te raak.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

My trots vir my skool en Struisies se groot plek in my hart motiveer my om my ideale te bereik.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van die Struisies te word?

Struisies is `n lekker plek. Ons is `n familie en ons gee om vir mekaar. Jy kan jouself wees, want ons aanvaar mekaar nes ons is.

Wat is jou toekoms-ideale?

My toekomsi-deale is om elke geleentheid wat oor my pad kom met beide hande aan te gryp en dit tot die beste van my vermoë te voltooi.

Foto verskaf

Lees meer skole-nuus:

https://schoolsthatrock.co.za

https://oudtshoornhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal