)

Nico Malan oud-leerder Mej SA finalis

Jeanni Mulder, oud-leerder van Hoërskool Nico Malan, is aangewys as een van die 10 finaliste vir Mej SA 2021.

Jeanni van Seepunt in Kaapstad is ‘n voltydse model en beskryf haarself as medelydend, wilskragtig en opreg. Haar rolmodel is haar ma. Sy het haar geleer om hard te baklei, van opregte liefde en om passievol te wees vir dit wat haar gelukkig maak. Sy hou van kuns, om tv te kyk en Texas Holdem Poker te speel.

Sy het besluit om deel te neem aan Mej Suid-Afrika sodat sy verder kan groei em om hoop en geleenthede aan die jonger geslag te bied.

Haar grootste oorwinning was toe sy ingeskryf het vir Mej SA. Toe sy jonger was was sy skaam en onseker van haarself, maar sy is baie dankbaar dat dit nie meer die geval is nie.

Sy het ‘n boodskap vir jong meisies in Suid-Afrika: “Wie jy is en wat jy het om te bied is voldoende. Jy is kragtig en jy verdien dit om gehoor te word.”

Jeanni wil baie graag vir Oprah Winfry ontmoet aangesien sy voel dat sy baie kennis by haar kan opdoen. Sy beny haar veral vir die ‘Leadership Academy for Girls’ wat Oprah in Suid-Afrika tot stand gebring het.

Haar finale boodskap aan haar jonger self is dat alles wat jy benodig om suksesvol te wees is reeds binne jou, moenie to nooit toelaat dat jou omstandighede jou toekoms beheer nie.

Meer oor Hoërskool Nico Malan:

https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/cape-town/

https://www.nicomalan.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal