Oranje Sportakademie. ’n Projek waaraan Hoër Meisieskool Oranje lank beplan en baie gedroom is, se wiele is uiteindelik aan die rol. Oranje se sportakademie! Dit is verlede sweek amptelik aan die boukontrakteur oorhandig.
Die sentrum gaan onder meer ruimte hê vir ’n gimnasium, hoëprestasiesentrum, onthaalarea, kombuis, snoepwinkel en kantoorruimte en ‘n balkon wat oor netbal se nuwe hoofbaan en astro uitkyk.
‘n Deel van die projek sluit die opgradering van die netbalbane, aanbou van kleedkamers en vergroting van die paviljoen in. Verdere veranderinge sluit onder andere die vergroting van die paviljoen in. Dit sal meer as 200 bykomende sitplekke bied. Daar sal ook besigtigings areas vir die astro en netbalbane wees. Hoofkleedkamers vir netbal, hokkie en tennis is ook deel van die projek, asook skeidsregter-geriewe.
Die projek sluit die oordoen van die netbalbane se oppervlakte en die skep van die nodige ruimte om aan internasionale standaarde te voldoen.
Vloeroppervlakte:
- Sportakademie → 762 m2
- Gimnasium → 182 m2
- Onthaalarea → 146 m2
- Uitkykstoep → 172 m2
Oranje Sports Academy
A project that Hoër Meisieskool Oranje has long been planned and much dreamed of, has its wheels finally rolling. Oranje’s sports academy! It was officially handed over to the building contractor last week.
The centre will have space for a gym, high performance centre, entertainment area, kitchen, candy shop and office space and a balcony overlooking netball’s new main court and astro.
Part of the project includes upgrading the netball courts, building changing rooms and enlarging the pavilion. Further changes include, among others, the enlargement of the pavilion. It will offer more than 200 additional seats. There will also be viewing areas for the astro and netball courts. Main locker rooms for netball, hockey and tennis are also part of the project, as are refereeing facilities.
The project includes redoing the surface area of netball courts and creating the necessary space to meet international standards.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf