Oranje nuus. Die nuutste Oranje nuus is dat die Springbokbloed in die nuwe Graad 8’s van Hoër Meisieskool Oranje se are vloei.
Die dogter van ’n Wêreldbekerwenner, die dogter van ’n Blitsbok en die kleindogters van twee voormalige Springbokke is onder die Graad 8’s in Oranje vanjaar. Juan Smith, Springbokflank toe die Bokke in 2007 die Wêreldbeker verower het, se dogter is Caylin. Haar pa het die Bokke in 70 toetse tussen 2003 en 2014 verteenwoordig.
Ook onder die plankies is Rumé Burger, dogter van Philip Burger. Hy het vir die Springbok Sewesspan gespeel en was in 2006 (as heelagter en vleuel) die voorste driedrukker in die Curriebekerreeks = https://youtu.be/iZnr2xWm3oM Rumé en nog ’n gr. 8-leerder.
Elri Cloete se oupas, onderskeidelik Thys Burger en Edrich Krantz, het albei op hulle dag vir die Bokke en Noord-Transvaal gespeel en in 1981 saam na Nieu-Seeland getoer. Hulle is toevallig ook ewe oud. Caylin en Rumé se pa’s was spanlede van die Cheetahs wat in 2005 die Curriebeker verower het. Dit was een van die grootste hoogtepunte in die Cheetahs se geskiedenis.
Ook in daardie span was Chloë (gr. 12) en Donna (gr. 9) le Roux se pa, Ollie, asook Kaylin Oelschig (gr. 10) se oom, Falie Oelschig. Elri se oumagrootjie, Fifi Krantz, was vir tien jaar ’n onderwyser aan Oranje voordat sy in 1980, tydens ’n les in wiskunde, aan ’n hartaanval in die klaskamer gesterf het.
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za