Erries Atlete – Atlete van Hoërskool Ermelo, in Ermelo is opgewonde om terug te wees op die atletiekbaan. Na twee jaar se Covid-19 het dit al wat ‘n sport is geknielhalter. Erries atlete is opgewonde om gereed te maak vir die Interhoër wat om die draai is.
Dinsdag , 25 Januarie het Erries deelgeneem aan ‘n middag-aand interhuisbyeenkoms in hul Wit-, Rooi- en Groenspanne. Erries atlete het gewys dat niks hul sal onderkry nie. Die Atlete het met oorgawe deelgeneem, en daar is vele nuwe talent raakgesiBen.
Baie geluk aan die Rooispan wat hierdie jaar as wenners gekroon is.
Die volgende Errie atlete het individuele toekennings verwerf:
Beste Junior Dogtersatlete:
Marlioné Erasmus (Hekkies & Naelope); Luné Clack (Spronge); Marné de Jager (Middel- en Langafstand); Elizma Swart (Worpe).
Beste Junior Seunsatlete:
WJ Pretorius (Hekkies); Damien Lottering (Spronge); Prins Nkosi (Middel- en Langafstande); Kryn Romijn (Naelope); Pierre Duvenhage (Worpe).
Beste Senior Dogtersatlete
Mia Davel (Hekkies & Spronge); Esmarie Kloppers (Lang- en Middelafstand); Danel Olivier (Naelope); Katelyn Potgieter (Worpe).
Beste Senior Seunsatlete
Tyrone Berning (Hekkies & Spronge); Bongmusa Vilakazi (Middel- en Langafstand); Marius Nel (Naelope); Marko Ferreira (Worpe).
Victrix/Victor Ludorum
Junior Victrix Ludorum – Marlioné Erasmus; Senior Victrix Ludorum – Mia Davel; Junior Victor Ludorum – Kryn Romijn; Senior Victor Ludorum – Tyrone Berning.




Die volgende atletiekbyeenkoms vind plaas op Saterdag 29 Januarie te Hoërskool Nelspruit.
Sterkte aan elke Errie-atleet.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








