Oranje Meisieskool. Wat ‘n kwartaal! Kwartaal 2 van 2022 was ’n besonderse een vir Oranje Meisieskool op vele terreine. Oranje is nederig, dankbaar en baie geseĂ«nd. Van die hoogtepunte (in numeriese volgorde):
- Liné Greyling het die o.18-enkelspeltitel op die nasionale junior tenniskampioenskap verower. Donna le Roux was die o.16-naaswenner.
- Die o.18A-hokkiespan is weer die St. Mary-toernooiwenners, die 6de keer uit die laaste 7. Die span was onoorwonne in 12 wedstryde en het net in 1 kragmeting ’n doel afgestaan.
- Vyf redenaars kwalifiseer vir die nasionale rondte van die Radikale Redenaars en 1 vir die Oppie Tong Af.
- Roline Louw word die nasionale o.18-kampioen in heptathlon (7-kamp) in die 1ste jaar wat sy dit beoefen.
- Die o.16A-hokkiespan het die JF/SPAR-toernooi gewen. 17 doele is behaal en 0 afgestaan.
- OMS se 1ste netbalspan het Sentraal se Standard Bank-toernooi onoorwonne afgesluit deur Helpmekaar Kollege in die eindstryd met 17-12 te klop. Die span staan nou op 41 seges uit 44 wedstryde.
Amanda Coetzer-tennistoernooi
- OMS se 1ste tennisspan is die nie-amptelike SA-kampioen nadat hy Bloemhof in die eindstryd van die ITEC Amanda Coetzer-tennistoernooi met 5-1 geklop het en het dié trofee die 1ste keer sedert 2018 verower.
- Die 1ste netbalspan het in Pretoria vir Affies, ongetwyfeld SA se toonaangewende netbalskool, die 1ste keer in 11 jaar met 31-26 geklop. DĂt nadat die span nĂ¡ 1ste kwart met 5-12 agter was.
- Drie OMS 1ste spanne is gelyktydig in die top-3 in die land. Die hokkiespan beklee die nr. 1-posisie op die SA-ranglys en die netbalspan nr. 3. Al is daar nie ’n tennisranglys nie, is OMS sonder twyfel die nr. 1-meisiespan en nog onoorwonne.
- Die Oranje-koor, as 1 van net 2 uit die Vrystaat, dring deur na nasionale eindronde van ATKV-Applous.
- Vier leerders word vir die SA-span na die Biathle- en Triathle-wĂªreldkampioenskappe gekies. Danielle Joubert is die SA o.19-wenner in albei.
- Die 5 A-netbalspanne sorg vir geskiedenis deur vir die 1ste keer almal in die top-2 in die Vrystaat te eindig, met 4 die provinsiale kampioen.
- Drie dansers haal die SA-span na die WĂªreldkampioenskappe in freestyle.
- Nege swemmers is in die top-10 van ’n item in hul ouderdomsgroep op die SA-ranglys. In 6 gevalle is hul in die top-5.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf