Oppie TongAf – Susan Bender van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het deelgneem aan die Oppie TongAf Nasionale Redenaars kompetisie. Susan behaal ‘n eerste plek as Nasionale wenner in die kompetisie met Afrikaans Onvoorbereid Gr 8-9.
Hierdie kompetisie skep ‘n platform waar die jeug hulself kan uitspreek en standpunt inneem oor onderwerpe wat vandag relevant is. Leerders word met positiewe terugvoer toegerus waarop hulle kan verbeter en ontwikkel. Die jeug van Suid -Afrika word gevorm om te lei met woorde, stem en oortuiging. Hulle word toegerus, versterk en bemagtig.
Graad 1-12 leerders van regoor die land word toegerus om deel te neem aan hierdie redenaarsprojek.
Baie geluk Susan!
Trekkertots!
Lees meer oor Bethlehem Voortrekker Hoërskool: