Oppie Tong Af redenenaars. Hoërskool Nelspruit se redenaars het weer uitgeblink by Oppie Tong Af redenaars deur weereens die eerste plek te behaal.
NHS se redenaars het die afgelope drie dae aan die nasionale finaal van die Oppie Tong Af redenenaars kompetisie deelgeneem. Sewe leerders en twee spanne het onderskeidelik voorbereide en onvoorbereide toesprake by Laerskool Rooihuiskraal gelewer.
Karla du Toit, Kirsten Lea, Zoe Coetzee en Rossouw van Wyk het as onvoorbereide span die eerste plek behaal. Dit is die tweede opeenvolgende jaar wat NHS se span hierdie trofee verower.
Nina Bester, Iloné Botha, Luscke Neetling en Misha Janson het in die voorbereide afdeling ‘n tweede plek losgepraat.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








