Oppie Tong Af Redenaars – Hoër Meisieskool Oranje se Lemohang Lekoeneha se redenaarsdebuut skitter by Oppie Tong Af Redenaars op nasionale vlak.
Lemohang Lekoeneha is ‘n graad 12 leerder. In haar heel eerste jaar van deelname aan Oppie Tong Af se redenaarskompetisie, het sy die nasionale rondte gewen. Sy het met ’n eerste plek weggestap in die afdeling vir Engelse oortuigingsrede.
Sy is bekend vir haar selfvertroue en helder stem. Haar liefde vir mondelinge het al vroeg begin. “Ek het nog altyd goed gevaar in mondelinge. My suster het my aangemoedig om redenaars te probeer – en ek’s so bly ek het,” vertel sy.
Met ’n passie vir groei en selfontwikkeling, glo sy dat nuwe uitdagings die sleutel is tot persoonlike groei. “Ek glo elke mens moet iets nuuts aanpak en hulself dwing om beter te word. Dis hoe ons groei,” sê sy met ’n glimlag.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








