OP Tweekampkampioenskappe. 🏆 Hoër Volkskool Graaff-Reinet Presteer by Tweekamp.
Op Sondag, 22 Februarie, het Sarah van Eeden aan die OP Tweekampkampioenskappe deelgeneem en ’n uitmuntende vertoning gelewer. Sy het haar swemtyd met 2 sekondes verbeter, ’n nuwe persoonlike beste behaal en daarmee haar rangorde genoeg versterk om vir die SA Kampioenskappe te kwalifiseer.
Hannes van der Merwe het onlangs aan ’n interprovinsiale tweekamp deelgeneem waar hy ’n sterk 10de plek behaal het – ’n uitstekende prestasie op ’n hoogs mededingende vlak.
Verder het Hannes van der Merwe, Rudolph-Hein van Eeden en Sarah van Eeden reeds gekwalifiseer om die OP-span by die SA Kampioenskappe op 21 Maart te verteenwoordig.
Hoër Volkskool is ongelooflik trots op hierdie besondere prestasies. Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding hou die naam van Volkskool Graaff-Reinet hoog.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.facebook.com/hvsgrt/?locale=af_ZA
Foto verskaf
Become a Sponsor









