Op Die Planke Monoloogfees: Vyf leerders van Hoërskool Witteberg het na afloop van Op Die Planke Monoloogfees 90% (A+) behaal vir hul optrede. Hierdie leerders dring ook deur na die finaal wat Saterdag 18 September plaasvind.
Op Die Planke wil soveel leerders as moontlik, regoor Suid-Afrika ‘n geleentheid gee, om deel te word van die kunstewêreld. ODP is positief teenoor elke leerder om selfvertroue op te bou. Hulle poog om elke leerder voor te berei vir hul toekoms om akteurs, aktrises, kunstenaars en skrywers te word.
Baie sterkte met die voorbereiding vir die finaal!
Wittes is baie trots op julle!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Witteberg: