Onderwysers verwelkom. Gereformeerde Skool Dirk Postma, Pretoria, verwelkom twee nuwe onderwysers wat in 2025 by hul span aansluit.
Lara Scheepers, Graad 4-7 Engels. Lara het opgegroei in Tzaneen en is ook haar lewe lank lidmaat van die GK Laeveld. Sy is verloof aan Philip Botha, ‘n lidmaat van GK Meintjieskop waar sy ook, na haar verhuising sal aansluit.
Lara is tans by Laerskool Tzaneen waar sy vir 18 klasse skoolhou. Hiervan is elf klasse in Engels. Sy is opgewonde vir die geleentheid by Dirk Postma waar die Bybel as riglyn vir elke vak dien. Sy het ook ‘n passie vir tale en kuns, blink uit in ballet en geniet sport.
Sanmari Venter, Graad 8 Bybel en voog, Graad 10 en 11 Besigheidstudies. Sanmari is getroud met ds Lourens Venter. Hulle is die predikantspaar by GK Centurion. Hulle het vier dogters wat ook by Dirk Postma aansluit. ‘n Tweeling, Wilmie en Annemé in Graad 8, Luanri in Graad 5 en Hanné in die kleuterskool.
Sanmari is ‘n energieke entoesiastiese persoon wat opgelei is in Verbruikerswetenskappe en verwante vakke. Besigheidstudies sluit daarby aan. Gereformeerde Onderwys is vir haar baie belangrik en en hulle is dankbaar dat hul kinders by Dirk Postma kan inskryf.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










