Mnr. Wikus Smit van Laerskool Park in Mosselbaai is aangewys as die hulpafrigter van die o/13 SWD Cravenweek span. Die span gaan in Junie aan ‘n toernooi te Witrivier deelneem.
Hy is ook aangewys om as die direkteur van afrigting op te tree tydens die o/12 Interprovinsiale toernooi in Oktober.
Me. Marna Engelbrecht is verkies om op die Landsdiens se Nasionale bestuur te dien.
Foto bo: Mnr. Wikus Smit (links) en Me. Marna Engelbrecht (regs)