
Onderwysers as skeidsregters gekies – Laerskool Stulting in Humansdorp spog met ster-skeidsregters!
Stulting het weer gewys dat hulle personeel nie net passievol is oor onderwys nie, maar ook uitblink op sportgebied.
Die drie onderwysers wat verkies is, is onlangs aangewys as skeidsregters vir belangrike nasionale netbalgeleenthede. Dit is ’n prestasie wat hul toewyding en kennis van die spel duidelik bewys.
Onderwysers as skeidsregters gekies is as volg:
- Lisé-Mari Duvenage
- Carla Strydom en
- Roeline van Breda
Juf. Lisé-Mari en Juf. Carla is gekies om as skeidsregters diens te doen tydens die USSA (Universiteite Sport Suid-Afrika) Netbaltoernooi wat van 30 Junie tot 4 Julie in Gqeberha plaasvind. Hierdie toernooi bring van die land se top universiteite en talentvolle spelers saam. Dit is ’n voorreg en uitdaging wat hul vaardighede verder gaan slyp.
Intussen is Juf. Roeline van Breda benoem as skeidsregter vir die o.13 Oos-Kaapspan wat aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem. Haar keuring spreek boekdele oor haar kundigheid en gesag op die netbalveld.
Baie geluk aan hierdie dinamiese dames! Julle maak die Stulting-familie trots en dien as inspirasie vir elke jong sportliefhebber in die gemeenskap.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor