Onderwyser toekennings. Sewe onderwysers van Hoërskool Goudveld in Welkom het onderwyser toekennings ontvang. Gouties se strewe, werk en oorwinning het erkenning ontvang by die Lejweleputswa se Well done-funksie.
Goudveld ontvang ‘n toekenning vir Diamant klub status met 98,5% slaagsyfer en 74,2% Baccalaureus in die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat eksamen. Gouties is ook nommer een in hierdie kategorie, en ontvang daarom ook ‘n trofee.
Die skool ontvang ook ‘n Silwer toekenning vir 98,5% slaagsyfer in die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat eksamen.
Verder spog Hoërskool Goudveld met sewe onderwysers wat vaktoekennings ontvang vir Toerisme, Engels Eerste Addisionele Taal en Verbruikerstudies.
- Toerisme: Mevv Brenda Lee-Neethling, Madelein Knoetze en Me Chanté Michau
- Verbruikerstudoe: Mev Leona Jacobs
- Engels FAL: Mevv Tania Ballot, Hanlie Bouwer en Tania Koen
Gouties bou en mik in 2024 vir nóg hoër hoogtes met akademie, sport en kultuur.
Meer slolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf