Obstacle Course Running. Hoërskool Sentraal blink uit in Obstacle Course Running.
Hoërskool Sentraal, Bloemfontein, is trots om aan te kondig dat vier atlete van Hoërskool Sentraal merkwaardige prestasies behaal het by die SAMPA Vrystaat SA-kwalifiseerder.
- Lisa Steyn het die eerste plek verower. en daarmee haar plek verseker vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap wat op 11 Julie in Johannesburg plaasvind.
- Pieter Steyn: 1ste plek (mans o.17)
- Nina Steyn: 1ste plek (dames o.15)
- Handré Bubb: 2de plek (mans o.17)
Al vier hierdie top-atlete het daarmee ‘n plek verseker vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap wat op 11 Julie in Johannesburg plaasvind.
Hierdie prestasie is nie net ’n bewys van hul uithouvermoë en toewyding nie, maar is ook ’n inspirasie vir hul skool en spanmaats. Sentraal wens aan hierdie vier sterre alle sukses toe vir die nasionale kampioenskap!

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









