)

Oakdale – Schools That Rock gesels met Francois du Toit

Oakdale. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Francois du Toit, Onder-hoofseun van Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, vir 2022.

Francois, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Oakdale?

Ek sien myself eerstens as ‘n ambassadeur van my skool. Ek moet ‘n voorbeeld wees, die hoofseun ondersteun en die waardes van Oakdale uitleef.

Hoe het die afgelope vier jaar by Oakdale jou vir die rol as leier voorberei?

Ek was die afgelope vier jaar op die VRL. Dit het my baie voorberei vir my leierskapsrol in 2022. Verder het Covid my ook geleer dat ons na mekaar moet kyk. Fisies, emosioneel en geestelik.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

Ons is geseën met fantastiese personeel en skoolhoof. Hulle is my grootste mentors. Marcus Aurelius sal altyd my die meeste inspireer.

Watter studieriging beoog jy na skool?

Ek oorweeg om ‘n B. Com rigting of BA met Filosofie, Politieke Wetenskap en Ekonomie as hoofvakke.

Wat staan vir jou die meeste uit by jou skool?

Broederskap en die strewe na uitnemendheid.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Nee, alhoewel ek lief is vir sport en weet dat dit jou baie dinge leer en goed is vir jou, moet jy dit uit eie vrye keuse doen.

Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Die koshuis en Mnr. Pieter Wessels se Ekonomie klas.

Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?

My doelwit is om voort te bou op die waardes wat ons trots is en om soveel as moontlik jonger Oakdalers te inspireer om dit uit te leef.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

Die feit dat ek nie vir ewig gaan leef nie.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van die Bulle te word?

Ons seuns se karakter en hulle waardes is oorgenoeg rede.

Wat is jou toekoms-ideale?

Ek wil gelukkig wees, regtig gelukkig. My lewe moet in balans wees. Genoeg van alles.

Foto verskaf

Lees meer oor Oakdale:

https://schoolsthatrock.co.za

https://oakdale.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal