Oakdale krieket. Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, se O.19B krieketspan en Hoërskool Outeniqua van George het mekaar op die krieketveld aangedurf.
Outeniqua kolf eerste en teken vyf-en-tagtig lopies aan. Jan Heyns, een van Oakdale se beste boulers, neem 4 paaltjies vir 13 lopies. Hennie Keyser het 2 paaltjies vir 14 lopies behaal. Oakdale steek die telling verby in die sestiende beurt met sewe paaltjies plat.
Hoër Landbouskool Oakdale se beste Beste kolwer was Albert Steyn met 22 lopies. Oakdale wen die wedstryd met 3 paaltjies.
Baie geluk, manne!
Foto verskaf
Lees meer oor Oakdale: