[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]
Die Hoër Landbouskool Oakdale het op Dinsdag 8 Januarie honderd-en-een graad 8-leerders geregistreer. Van hierdie groep nuwe Bulletjies maak 94 van koshuisinwoning gebruik. Hierdie entoesiastiese groep jong Bulletjies kom van reg oor die Wes-Kaap, maar ook so ver as die Oos-Kaap en Gauteng. Die leerdertal is tans vierhonderd ses-en-sestig, die hoogste in die bestaan van die skool.
Die groep graad 8’s het die afgelope 10 dae reeds op verskeie wyses as individue saamgesnoer tot ? hegte eenheid. ? Verskeidenheid groepaktiwiteite, onder leiding van die Verteenwoordigende Raad van Leerders, in samewerking met die 2019-matriekklas en personeel, is aangebied. Daar is op die Buiteplaas geslaap, aan spanbouaktiwiteite en ? “Kruiwa Grand Prix” deelgeneem. ? Swemgala, atletiekbyeenkoms en rugbyproewe is ook gehou.
Saterdagaand is die week afgesluit met ? braai saam met hul ouers. Die span met die beste gees, die wenspan van al die aktiwiteite, die beste sportman asook baan- en veldatleet is by die geleentheid aangewys. Daniël Malherbe verdien om uitgesonder te word vir sy deursettingsvermoë en sportmangees.
Foto bo: Die span met die beste gees vir die week was die Brahmane.
Agter: v.l.n.r.: Wilhelm Kuun, Lian la Cock en Wiehan Kok.
Middel: v.l.n.r.: Hanré Jubelius, Petré King, Hennie Keyser en Janico Kriel.
Voor: v.l.n.r.: Stefan Korff en Uysie Keyser.
Afwesig: Christiaan Jansen van Vuuren.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.18.7″ src=”https://westerncapeknysna.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Oakdale-Graad-8s.jpg” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]
Foto links: ? Honderd-en-een graad 8-leerders van reg oor die land het deel geword van die Oakdale-familie.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.18.7″ src=”https://westerncapeknysna.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Oakdale-Spanwenners.jpg” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]
Foto links: Die span wat die beste gevaar het gedurende die week met die verskillende aktiwiteite was die Bonsmara’s.
Agter: v.l.n.r.: Gerhard Ehlert, Christopher Gomes en Jared Erasmus.
Voor: v.l.n.r.: Theo Ferreira, Tian Ferreira, Louis Fourie, Joshua Ewing en Gerhard Ferreira.
Afwesig: Michael Fourie.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.18.7″ src=”https://westerncapeknysna.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Oakdale-Prestasies.jpg” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]
Foto links: JL van Rensburg is as die beste veldatleet, Hennie Otto die beste baanatleet en Johan Venter die beste sportman aangewys.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.18.7″ src=”https://westerncapeknysna.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Oakdale-Daniël-Malherbe.jpg” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]
Foto links: Liam Louw (hoofseun) saam met Daniël Malherbe wat die beste deursettingsvermoë en sportmangees tydens die week getoon het.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]