o.12 Noord-Vrystaat Hokkiespan – Primêre Skool Naudeville is baie trots op Elle-Anne Roper en Amohelang Kolobi. Hulle is gekies vir die o.12 Noord-Vrystaat Hokkiespan.
Hierdie prestasie is ’n bewys van harde werk, toewyding en ’n liefde vir die sport. Om gekies te word vir ’n streekspan is ’n groot eer en ’n mylpaal in enige jong sportspeler se loopbaan.
Naudies se skoolgemeenskap is ongelooflik trots op hulle en sien uit om te sien hoe hulle die Naudeville-gees verder gaan uitdra op die veld.
Hulle is ware rolmodelle vir ander leerders wat ook groot drome koester in hokkie.
Hou so aan – die toekoms wink!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien











