Groot opwinding heers vir 12 Hoërskool Strand leerders wat gekies is om hul land en skool te gaan verteenwoordig in die buiteland. Hul sal vergesel word deur twee leerkragte, mev. Wolff en mnr. Basson. Dié groep Suid-Afrikaners veruil hulle tuisland vir Europa vir drie weke vanaf 24 September tot 16 Oktober 2017.

Dit is reeds die sestiende jaar wat Hoërskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met Burgerschool in Roeselare, België. Dit bied vir twaalf graad 10-leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed, vriendskappe oor kontinente te maak en ambassadeurs vir Hoërskool Strand en Suid-Afrika te wees..

Die groep skop hulle toer af met vier nagte in Londen. Vandaar vertrek hulle na België waar die Belge met ‘n ongelooflike program vir hulle wag. Die groep besoek Brussels, Brugge, Ghent, Leper en nog baie ander toeristebesienswaardighede in België. Hulle is ook gelukkig om ‘n nag in Parys, Frankryk te slaap. Die eerste dag besoek die groep die stad en die tweede dag is dit tyd vir Euro-Disney. Die groep gaan ook in die skool wees en ‘n stukkie van Suid-Afrika deel. Wat die program so uniek maak, is dat die leerders in die Belge se huise tuisgaan en daar leef, eet en ervaar wat Belge as alledaags sien.

Die leerders kom terug met baie stories en die lekkerste herinneringe, maar meer bring hulle die ervaring terug van wêreldreisigers en die opwinding van die Belge wat in Februarie 2018 kom kuier.

Foto:

Agter: Karla Prins, Michaela Holz, Marco Peek, Elsefie Fouché, Elbé Fouché

Middel: Mnr. Tobie Basson, Carli Serdyn, Zoë-lee van der Merwe, Samuel Gibson, Karine Meyer, Mnr. Danie Malan

Voor: Caitlin Anderson, Christine Meyer, Kristin Meyer, Mev. Lynette Wolff

Become a Sponsor