Ligbron Akademie vir Tegnologie verwelkom graag die volgende nege personeellede wat by die Ligbron-span aansluit. Dit is vir die Liggies ‘n groot eer en voorreg om sulke dinamiese onderwysers by die skool te ontvang.
Ons sien uit na ‘n wonderlike jaar saam met elkeen en ons wense is dat julle van krag tot krag saam met ons sal groei om elke leerders te help om hulle doelwitte te bereik.
Die nuwe personeel wat by die Liggie personeelkorps aangesluit het is op die foto bo:
voor (v.l.n.r.): Caroline de Wet (Engels), Mariza van Heerden (Wiskunde) en Eden Whalen (Lewensoriëntering). Agter staan (v.l.n.r.): Marelize Delport (Fisiese Wetenskap), Gustav Pohl (Engels), Adriaan van Jaarsveld (Lewenswetenskap), Jacques Snyman (Tegnies) en Anike van der Merwe (Lewensoriëntering). Jacoline de Beer wat by die Boekwinkel aangesluit het was afwesig tydens die neem van die foto.