)

Nuwe LO Onnie – Oranje verwelkom Esmarie Booysen

Nuwe L.O. Onnie. Hoër Meisieskool Oranje se nuwe LO onnie, Esmarie Booysen, wil nuwe asem blaas in Oranje se LO blaas.

Sy is passievol oor die vak Lewensoriëntering (LO) en glo sy kan saam met mev. Mioné Marais Oranje se LO weer nommer een in die Vrystaat maak. Só gesels me. Esmarie Booysen wat begin vanjaar LO aan Oranje begin onderrig het. Sy sê sy wil ‘n voorbeeld in die LO-klas wees en die meisies voorberei om eendag kritiese denke te hê.

Droom wat waar geword het

Me. Booysen het ‘n honneursgraad in drama en het die afgelope agt jaar by private skole Engels en LO aangebied. Sy vertel opgewonde die onderwyspos by Oranje is ‘n droom wat waar geword het. In die private skole waar sy vroeër onderrig het, was daar nie eintlik tradisies nie. Oranje se teer-en-veer-tradisie waar sy as ’n personeellid ingelyf is, was vir haar ’n baie spesiale en ‘n ongelooflike ervaring.

Wat haar op haar eerste werksdag opgeval het, was die ongelooflike ondersteuning van haar kollegas. Ook die lekker samesyn wat daar in die personeelkamer geheers het, het sy geniet. In die private skool waar sy gewerk het, was daar nie ‘n personeelkamer nie. Hulle het sommer onder ‘n afdak gesit en vergader.

Sy sal waarskynlik ook haar eerste verjaardag by Oranje lank onthou. Sy is deur haar registerklas (graad 12A) met ’n verjaardaggeskenk in die vorm van ’n kat verras.

Volgens haar is sy lief vir kultuur. Op die skoolbanke van die Hoërskool Jim Fouché was sy ‘n voorslag in Voortrekkers en het ook baie goed in debatvoering gevaar. Haar ander groot passie is ou motors. “Ek sal nooit my droommotor verkoop nie,” sê sy van haar roomkleurige Volla wat sy veilig in haar ouers se motorhuis bewaar.

Interessante feite oor me. Booysen:

  • Gunsteling-kleur: Blou
  • Gunsteling-fliek: Vir die voëls
  • Gunsteling-vakansieplek: Rosendal
  • Gunsteling-blom: Protea
  • Gunsteling-dier: Kat

– Deur Karli van Heerden (Vooruit-redaksie)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal