NSS Eksamen 2024. Vir Bloemhof se A-kandidate is die sirkel voltooi. Drie-en-sestig van 2024 se matrieks (44.3% van die graad) het die NSS-eksamen 2024 met ’n gemiddeld van 80% of hoër geslaag. Tydens die Pêrelseremomie, het die leerders ’n pêrelhangertjie ontvang.
Die hangertjie is ontwerp en gemaak deur juwelier (en Oudbloemhoffer) Lilly Friedlander. Dit bevat ’n pêrel wat op ’n silwer ring gemonteer is — ’n teken van die blywende band met Bloemhof.
“Klas van 2024: Veels geluk met jul prestasies. Dit getuig van deursettingsvermoë en jul alma mater is trots op en dankbaar vir julle. Ons stuur julle met selfvertroue die wêreld in met die wete dat daar suksesvolle sirkels op julle wag.”


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








