)

Noordvaal Rugby – Hoërskool Rustenburg die wenners

Noordvaal Rugby. Hartlik geluk aan Hoërskool Rustenburg se 1ste Rugby span. Hierdie span het vandag, 26 Augustus, se kragmetings in die finaal van die Noordvaal Rugby Plaatafdeling teen Hoërskool Kemptonpark koning gekraai! Die Rusties het Kempies met 49 – 24 geklop!

Hierdie is ‘n uitsonderlike prestasie en is die eerste keer in 80 jaar (sedert 1943) wat die Rusties die alleenhouer van die Noordvaaltrofee is. Dit het destyds as die Administrateursbeker bekend gestaan.

Die Rusties het in 1963 laas dié beker met Heidelberg Volkskool gedeel na hulle gelykop gespeel het in die eindstryd.

Vandag, 26 Augustus 2023, maak die Rusties geskiedenis. Nie net wen die Rusties die Noordvaalplaatafdeling nie, maar hulle is ook die skool wat amptelik opskuif na die Noordvaalbeker afdeling vir 2024. In hierdie afdeling kompeteer die Rusties met die volgende skole: Dr EG Jansen, Hoërskool Garsfontein, Helpmekaar Lollege, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Monument en Hoërskool Marais Viljoen.

Die Rusties is vandag baie trots op hierdie spul rugbymanne wat deur die seisoen onoorwonne gebly het.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsrtb.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal