Noordvaal Grootskole Hokkie. Hoërskool Nelspruit se o/15 dogters hokkiespan, die Green Sticks, het deelgeneem aan die Noordvaal Grootskole (B-Afdeling) uitspele vanaf 9 tot 12 Augustus te Krugersdorp. Hierdie span het uitstekende hokkie gespeel en het al hulle wedstryde gewen tot en met die finaal. Me. Riana Blom (afrigter) sê hierdie span het ‘nellieguts’ gewys!
Uitslae:
- Hoërskool wen 2-0 teen Hoërskool Sasolburg
- Wen 1-0 teen Hoërskool Dr Malan
- Wen 1-0 teen Hoërskool Montana
- Wen 6-0 teen Hoërskool Pionier
- Wen 2-1 teen PHS
- Verloor 1-2 teen Hoërskool Zwartkop
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf