Die noodhulpspan van Hoërskool Cradock het die afgelope week nuwe pette te ontvang.  Hugo Barendse van Langamed Eastern Cape het 50 pette geborg vir hierdie span wat elke week ‘n belangrike rol vervul langs die verskeie sportvelde.  Díe groep leerders trotseer week op week die weer en kan nou gerus wees dat hulleself bietjie beskerming het teen die elemente.

Op die foto heel bo:   oorhandig Hugo ‘n pet aan die kapteine van CHS se noodhulp, Danexe van der Merwe (middel links) en Deidré Erasmus (heel regs).  Saam met hulle is Mev. Retha Olivier, noodhulpkoördineerder.

 

 

Become a Sponsor