Hoƫrskool Nelspruit het op 1 Junie 2019 sy nuwe adjunkhoof, mnr. Bertus Steyn, verwelkom.
Mnr. Steyn is ān boorling van Gauteng en het aan HoĆ«rskool Linden gematrikuleer. Hy voltooi sy studies en verwerf sy honeurs aan die Randse Afrikaanse Universiteit (UJ). Sy hoofvakke was Geografie, Omgewingsbestuur asook Ontwikkelingstudies. Na sy studies spandeer hy ān paar maande in Engeland en werk daar vir ān verdere 2 jaar voor hy sy MA graad in Geografiese Inligtingstelsels ā analise en besluitneming aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy woon vir 13 jaar in Engeland waar hy vir onder andere Redden Court School werk.
āHoogtepunte van my loopbaan is die leerskool van Engeland en die ervarings wat die land en skole daar vir my gebied het en die blootstelling aan tegnologie en die geleenthede om binne die onderwys te groei op bestuursvlak. Verder is daar ander dinge ook, hoewel baie meer sosiaal van aard, maar hoogtepunte nie te min, onder andere die maklike reis moontlikhede vanuit die middel van die wĆŖreld. Ek mis beslis die vinnige internetspoed en betroubare posdiens van die Eerste WĆŖreld.ā
Die laaste 7 jaar was hy en sy gesin gevestig in Middelburg en was hy die Departementshoof van Geografie en Dissipline- koƶrdineerder van HoĆ«rskool Middelburg. Bertus is ān āBlue Sky Thinkerā. Hy hou daarvan om planne te maak en dit deur te voer. āEk geniet die klaskamer en geografie: die wĆŖreld rondom ons is lewend en eg ā dis dinge wat jy kan sien en kan verstaan hoe dit gevorm het en hoekom dit daar is. Ek hou van kennis en geniet dit om dit toe te pas.ā
Sy vrou ElsabƩ en hul twee kinders, Shawnte (4) en Teagen (3), sal in Desember by hom aansluit.
āDit is vir ons ān ongelooflike voorreg en seĆ«ning om in die Laeveld te wees. Dit is iets waaroor ons baie gebid het en ons wil graag in God se wil leef. Dit was gelukkig nie moeilik om die besluit te neem om Laeveld toe te trek nie siende dat dit vir ons ān nuwe wĆŖreld met nuwe uitdagings en geleenthede bied: āYou canāt buy memories, you have to live themā.ā
Die Nellies verwelkom die Steyn-gesin. Mnr. Steyn se positiewe gesindheid en entoesiasme sal beslis n aanwins vir NHS wees.
Foto: Mnr. Bertus Steyn en mnr. Johan Hattingh (Hoof)