)

NHS Sportspesialis: Atletiek saam na Morokko

‘n Span van 153 atlete en afrigters sal Suid-Afrika verteenwoordig by die jaar se Afrika-Spele wat vanaf 16-31 Augustus in Morokko aangebied word. Die span sal deelneem aan 11 uit die 26 sportkodes waarvan die meeste atletiek is met 38 atlete gevolg deur 24 swemmers. Ander kodes wat deel uitmaak van die span is boogskiet, pluimbal, kanovaart, fietsry, judo, tafeltennis, tennis, strand-vlugbal en gewigoptel. Die Afrika-Spele vind elke vier jaar plaas, net ‘n jaar voor die Olimpiese Spele.

Hoërskool Nelspruit is baie trots op mnr. DP Badenhorst (Hoërskool Nelspruit-sportspesialis: atletiek) wat dan ook een van die afrigters is wat gekies is om die SA vlag hoog te laat wapper in Morokko.

Mnr. Badenhorst is geen vreemdeling in die atletiek-wêreld nie en was ook al ‘n lid van die spanbestuur van die Atletiek Suid-Afrika-groep wat by die Olympic Stadium in London, Engeland aan die Wêreldbeker gaan deelneem het.

Plaaslik, het hy ook hierdie jaar baie hoogtepunte saam met sy atlete beleef.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal