Die eerste krieketspan van Hoƫrskool Nelspruit se klereoorhandigings-funksie is op Maandag, 5 Augustus in Westvaal se uitstalruimte aangebied. Die funksie bied aan die afrigters die geleentheid om die spelers aan die ouers en borge bekend te stel, klere te oorhandig en bietjie meer te gesels oor die komende seisoen. Die borge, Westvaal Nelspruit en HiQ Nelspruit, is ook bedank vir hul betrokkenheid by die span.
Die spelers het die afgelope vakansie deelgeneem aan die Mozzie-reeks en het ook ān vriendskaplike wedstryd teen Penryn gespeel. Die span oefen hard, is doelgerig en wys goeie spangees. Dit beloof om ān baie opwindende krieketseisoen te wees. Van hierdie wedstryde sal ook lewendig uitgesaai word op die Nellie-TV kanaal.
Hou Nellies se webwerf dop vir meer besonderhede.
Foto bo: Jacques Vosloo en mnr Jannie Nel