Netbal Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Maryke Erasmus. Maryke is die kaptein van Hoërskool Strand, Wes-Kaap, se 1ste netbalspan. Sy teken vandag die twaalfde doel aan in ons reeks oor Netbal Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Ek het op die ouderdom van vyf jaar begin netbal speel. Ja, ek is passievol oor netbal. Netbal is my tweede lewe. Ek is op my heel gelukkigste as ek netbal speel. Op die oomblik speel ek senter, maar ek is ‘n “all-rounder” en kan enige posisie, van doel regdeur tot verdediger speel. Ek was ook al voorheen netbal-kaptein. Ek beoefen ook atletiek.
Ons span oefen drie keer per week. Ja ek spandeer ook tyd op my eie aan oefening. Ek maak tyd so tussen akademie deur.
Die wedstryd waar ek die meeste gestres het, was tydens ons Bloemhof-wedstryd. Ons span het op ‘n stadium alreeds ‘n “caution” en ‘n “warning” teen ons gehad en ek was gespanne dat ons met slegs 5 of 6 spelers sal moet klaarkom.
Korttermyn doelwitte
Ek het wel korttermyn doelwitte. In die volgende ses maande wil ek graag my akademie ‘n hupstootjie gee. Ek wil my punte hoër kry as wat dit tans is. My drie-jaar doelwit is dat ek beoog om in my derde jaar van my studies te wees.
My top vyf prioriteite in my lewe tans is: God, familie, sport, akademie en vriende.
Ja, ek beplan defnitief om na my skoolloopbaan voort te gaan met netbal. Dit is tans een van my grootste wense om professionele netbal te kan speel. Ek wil graag binne drie jaar die beste wees teenoor wat ek drie jaar gelede was. Verder wil kan sien hoe ek gegroei het en my swak punte sowel as my sterk punte verbeter het. Ek wil die punt bereik waar, wanneer mense sê dat ek nie daar hoort nie, ek hulle dan verkeerd kan bewys.
Ja, ek het ook ander belangstellings. Ek is mal oor visvang. Ek is ‘n natuurliefhebber en sal elke oggend die vars lug wil inasem op ‘n vroeë hike waar ek die natuur ook meer verken.
My sterk punte wat my laat glo dat ek ‘n goeie netbalspeler is, is die feit dat ek geseënd is met lang arms wat my baie help om balle te draai. Verder ook my veerkrag en my deursettingsvermoë.
As netbal kaptein motiveer ek my span tydens oefeninge en voor wedstryde deur hulle moed in te praat.
Juffrou Lategan
Die persoon na wie ek tans opsien as rolmodel is Juffrou Lategan, ons coach. Die feit dat sy soveel netbalkennis het is baie belangrik. Sy kan haarself in ons skoene ook plaas wanneer dinge bietjie moeilik gaan. Sy verstaan ‘n mens.
Ek dink die grootste uitdagings van die meeste deelnemers aan sport vandag is motivering. Definitief, want sonder motivering is jy nie bereid om aan sport deel te neem as dit moeilik gaan nie.
Ek bestuur my sport-, akademiese en ander verpligtinge as volg. Deur die dag het ek skool natuurlik. Na skool het ek gewoonlik ekstra klas tot so voor oefening . Na oefening doen ek ekstra oefeninge by die huis. Daarna begin my akademiese tyd tot net so voor 23:00.
Sedert ek kaptein geword het, het ek geleer hoe om my spanlede beter te verstaan op die baan. Al is ek kaptein, luister ek steeds na hulle menings ook.
Hoogtepunte
My hoogtepunte wat ek beleef het in netbal as speler is dat ek al 4 jaar lank eerste span speel. Dit is ‘n groot voorreg. Hoogtrpunte as kaptein… ons sal kyk wat die seisoen oplewer.
Wanneer ek sien dat een van my spanlede sukkel met nuwe uitdagings in die spel, sal ek help om dit te verbeter en aan te pas want ek was ook eens op ‘n tyd in daai bootjie gewees. Die beste advies wat ek al van my afrigters ontvang het is om aan te hou speel. Jy moet veg vir daai bal totdat die eindfluitjie blaas. Jy het nie klaar jou deel gedoen voor daai eindfluitjie nie geblaas het nie.
My afrigter en spanlede beskryf my as n goeie leier. Verder ook as iemand wat ander mense vinnig verstaan en as ‘n speler wat altyd gefokus is en wat weet wat sy wil bereik in netbal.
Lekkerste wedstryd
My lekkerste wedstryd wat ek ooit gespeel het was teen Labori. Ons het vier wedstryde daai dag gespeel. Labori was ons tweede wedstryd vir die dag. Ek kan goed onthou dat my eerste wedstryd nie te goed was nie. Met my tweede wedstryd het ek my mindset reg gekry en gebly fokus. Ek het ‘n hele paar balle ge”tip” en gedraai. My afrigter se woorde aan my was: “Dis hoe jy eerstespan speel. Ek is trots!”
Ek sou jy ‘n bekwame afrigter beskryf as iemand wat afrigting geniet en nie voel dis ‘n straf nie . Sy moet beslis baie netbalkennis hê en sy moet haar span kan verstaan en motiveer . Sy moet ‘n geduldige stemtoon hê.
Wat my die gelukkigste in my lewe maak is om tyd saam met my familie en vriende te spandeer. En dan ook om my passie op die baan te kan uitleef.
My grootste hoogtepunt die afgelope vyf jaar is om vir vier jaar eerstespan te speel tot einde matriek. Om kaptein te wees in my matriekjaar. Dit was nog altyd, van die begin van my hoërskool loopbaan, ‘n wens om AR te wees.
Maryke, beskryf jouself in een woord. Spontaan.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf