Netbal Kapteine. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Lindiwe Maribe. Lindiwe is die netbal kaptein van Hoërskool Adamantia in Kimberley se 1ste Netbalspan. Lindiwe teken vandag die tweede doel aan in ons reeks vanjaar oor Netbal Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Ek het begin netbal speel in Graad 1. Dit was my droom van kleins af om netbal te speel. Ek het al sewe posisies gespeel en speel tans AV en S. Buiten netbal speel ek ook krieket.
Ek wasbevoorreg om in graad 4 die eerste keer as kaptein gekies.
Die eerste wedstryd waaroor ek baie gestres het, was toe ek met so ‘n groot groep netbalspelers getoer het na Mosselbaai. Dit was nogals baie intimiderend vir my.
My doelwit vir die huidige seisoen is om as die beste netbal kaptein van die jaar aangewys te word. Ek wil ook graag aanhou met netbal, as dit moontlik is, na skool. My groot droom is om vir die Proteas te speel.
Sterk punt
My sterk punt, as nebal kaptein, is dat ek ‘n ander span se spel vinnig kan lees en ook om balle te onderskep. Wat ek doen om my span gemotiveerd te hou, is deur hulle foute uit te wys en dit reg te maak as ‘n span.
Daar is twee netbal afrigters na wie ek opsien as rolmodel, juffrou Duvenhage en juffrou Kemp. Hulle het ‘n goeie impak op my lewe gemaak. Hulle altwee het my iets geleer. Nie net op die netbal baan nie, maar ook in my lewe.
My grootste netbal nagmerrie was tydens ‘n netbal wedstryd in Mosselbaai. Die rede was toe twee van my spelers baie seer gekry tydens ‘n wedstryd.
Wat ek van spanwerk geleer het sedert ek kaptein geword het, is dat, as daar nie spanwerk is nie, sal ons nie die resultate kry wat ons soek nie. My hoogtepunte wat ek beleef het in netbal as kaptein, is dat my spelers meer begin kommunikeer het as tevore. Wat ek doen wanneer ek sien dat een van my spanlede sukkel met nuwe uitdagings in die spel, stap ek na ‘n oefening na haar en wys haar hoe dit gedoen word totdat ons dit regkry.
Die beste advies wat ek van my afrigter ontvang het, is om jou eie pas te speel en nie ‘n ander span se pas nie.
Lekkerste wedstryd
My lekkerste wedstryd ooit was teen Hoërskool Diamandveld. My span het nooit moed opgegee nie en hulle het tot die laaste minute voluit gespeel.
Ek bestuur my sport-, akademiese en ander verpligtinge deur dieselfde tyd aan elk te spandeer. My afrigter en spanlede sal my beskryf as ‘n hartwerkende, liefdevolle, vriendelike persoon en dat ek altyd bereid is om hulp te verleen.
Indien ek ‘n kombuis-artikel sou wees, sal ek ‘n ketel wees. Alles wat in my is loop oor van liefde en omgee.
Die professionele netbalspeler met wie ek graag wil koffie drink, is Bongiwe Msomi, Suid-Afrikaanse netbalspeler. Sy inspireer my baie in netbal.
My ander belangstellings, buiten netbal, is om na vroue-rugby te kyk.
Wat my die gelukkigste in my lewe maak, is om tyd saam met my familie te spandeer.
Ek sal myself beskryf as intelligent.
Netball Captains
In our popular series about sport captains, Schools That Rock today talks to Lindiwe Maribe. Lindiwe is the captain of Adamantia High School in Kimberley’s 1st Netball team. Lindiwe today scores the second goal in our series this year on Netball Captains from high schools in South Africa.
“I started playing netball in Grade 1. It has been my dream since childhood to play netball. In the past, I have played seven positions and currently play AV and S. Apart from netball I also play cricket.
I was first selected as captain in Grade 4.
The first game I was very stressed was when I toured Mossel Bay with such a large group of netball players. It was quite intimidating for me.
My goal for the current season is to be named the best netball captain of the year. I would also like to continue with netball, if possible, after school. My dream is to play for the Proteas.
Strong point
My strong point, as a nebal captain, is that I can read another team’s game quickly and also to intercept balls. What I do to keep my team motivated is by pointing out their mistakes and fixing them as a team.
There are two netball coaches I look up to as a role model, Miss Duvenhage and Miss Kemp. They made a great impact on my life. They both taught me something. Not only on the netball court, but also in my life.
My biggest netball nightmare was during a netball match in Mossel Bay. The reason was when two of my players got very hurt during a game.
What I’ve learned about teamwork since becoming captain is that, if there isn’t teamwork, we won’t get the results we’re looking for. My highlights that I experienced in netball as captain is that my players started communicating more than before. What I do when I see one of my team members struggling with new challenges in the game, I walk up to her after a practice and show her how it’s done until we get it right.
The best advice I’ve received from my coach is to play at your own pace and not another team’s pace.
Most enjoyable match
My most enjoyable game ever was against Diamandveld High School. My team never gave up and they played to the fullest until the final minutes.
I manage my sporting, academic and other commitments by spending the same amount of time on each. My coach and team members will describe me as a hardworking, loving, kind person and that I am always willing to provide assistance.
If I were to be a kitchen article, I would be a kettle. Everything that is in me overflows with love and caring.
The professional netball player I would like to have coffee with is Bongiwe Msomi, South African netball player. She inspires me a lot in netball.
My other interest, apart from netball, is watching women’s rugby.
What makes me happiest in my life is spending time with my family.
I would describe myself as intelligent.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied