Netbal – Twee Onderwyseresse, Juffroue Elmari de Bruyn en Lisa van Wyk van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die Vlak 3 NSA-skeidsregters-eksamen afgelê. Albei het die eksamen met lof geslaag.
Netbalskeidsregters se verantwoordelikhede sluit in die uitvoer en neem van reëlbesluite (met duidelike kommunikasievaardighede) tydens ‘n netbalwedstryd. Skeidsregters is ook verantwoordelik om die algemene gesondheid en veiligheid van al die netbalspelers te verseker.
Netbalskeidsregters moet daarop fokus om die regulasies af te dwing en billike spel te beheer tydens wedstryde.
Baie geluk aan die twee onderwyseresse!
Trekkertrots!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








