Netbal-afsluiting. Primêre Meisieskool Oranje se eende het die jaar se netbal afgesluit op Dinsdag, 3 Junie. Die skool het dit gedoen om te wys wie is baas op die netbalbaan. Elke span het teen hul eie ouers gespeel en – glo dit as jy wil – natuurlik het al die eende gewen!
Daar was egter een brawe ouer-span, met byna 14 spelers, wat die juffrou-span weer wou uitdaag. Die wedstryd het gesorg vir baie lag, val en vermaak, maar natuurlik bly die juffrouens onoorwonne!







Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








