Die Nellies Klub 1000, Hoƫrskool Nelspruit se ondersteunersklub, het Saterdag 9 September hul jaarlikse tennismarathon aangebied. Hierdie sportdag word aangebied as fondsinsamelingsprojek waarvan die fondse uiteindelik weer gebruik word om die skool met spesiale projekte of waar nodig by te staan.
Spelers en ondersteuners was reeds van vroeg af op die bane en veral die tennisspeletjies tussen deur die kompetisie het gesorg vir baie pret en plesier vir jonk en oud. Hierdie jaar se marathon het die formaat van ‘n āteam tennisā toernooi Ā aangeneem waartydens twee spanne (elke span bestaan uit twee mans en twee vroue) teen mekaar uitgespeel het in vyf wedstryde van verskillende formate.
Daar was ook talle gelukkige trekkings op die dag:Ā
R 1000 ā Gert Loubscher
R 1000 ā Ane van Vuuren
R 1000 ā Marie van der Merwe
R 1000 ā Jeanne Joubert
Die Umvangati gastehuis prys is gewen deur Mariette Hartley.
Nellies Klub 1000 en HoĆ«rskool Nelspruit bedank al die borge van die dag wat bygedra het om die dag ‘n sukses te maak!