)

Nellies gasheer vir die eerste wintersportbyeenkoms

Hoërskool Nelspruit was gasheer die eerste wintersportbyeenkoms van die seisoen. Na afloop van die Super Interhoër op 27 Februarie, is die meeste van die Nellie-atlete
se atletiekseisoen verby en is die fokus nou gerig op die wintersport. Afrigters het gedurende die eerste vriendskaplike wintersportbyeenkoms op 9 Maart teen Hoërskool
Monument die geleentheid gekry om nog aan hul spanseleksie vir die seisoen te werk.

Beide skole het die wedstryde as proewe beskou en verskeie spelers het die geleentheid gekry om in verskillende posisies te speel. Alhoewel Monument se rugbyspanne baie sterk
vertoon het, was dit die Nellie netbal- en hokkiespanne wat hul staal gewys het teen die opponente. Al die wedstryde is in goeie gees gespeel en die afrigters het waardevolle inligting
om te skaaf aan hulle voorbereiding vir die seisoen wat voorlê, bekom.

Die Nellies maak hul nou reg vir opkomende toere die vakansie en sien uit na die wintersportseisoen in die tweede kwartaal. Baie dankie vir Citybug wat die dag geborg het.

Foto bo: Sunè du Preez

Foto’s: Hennie Homann

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal