)

Nellies debatteer ‘n hond uit ‘n bos

Foto: Teneil le Roux, Sumi Naudé en Erika le Roux

Om die kuns van onvoorbereide debat as ‘n opwindende aktiwiteit te bemark het Hoërskool Nelspruit se Debatsvereniging drie kompetisie-aande gereël. Dit het ook gedien as voorbereiding vir die Mpumalanga-ronde van Dink of Sink.

Ses lede van die Verteenwoordigende Leerderraad het die eerste geleentheid gehad om voornemende debatteerders te wys hoe hierdie tipe debat werk. Die debat is die Dink of Sink debat waar die twee spanne loot en kies of hulle inleidend of opponerend gaan praat. Die onderwerp word dan bekend gemaak en die spanne kry 5 minute om hulle drie argumente in ‘n toespraak te verwerk.  Elke lid van die span lewer dan ‘n 2½ minuut toespraak, waarop die ander span op hul beurt aanval en verdedig en hulle span se argumente voorhou.  Na al ses sprekers met hul toesprake klaar is, volg daar ‘n 7 minuut debatsgesprek waar die spanne mekaar bestook met vrae om hul kant so duidelik as moontlik te bewys.

Die eintlike kompetisie het op 13 April tussen Huis Hermann Davin en Huis Maré begin. Die dames het die manne die loef afgesteek en naelskraap gewen. Lanika Leuvennink, Katrien Hiemstra en Gabi van der Merwe van Huis Maré het in die finaal deelgeneem teen die dorpspan se Erika le Roux, Sumi Naude en Teneil le Roux.  Die onderwerp vir die debat wat op 20 April plaasgevind het, was dat alle hoërskoolmeisies ‘n verpligte kursus oor hoërskoolseuns moet bywoon. Hier het die dorpspan met die louere en kontantpryse weggestap.

Nellies bied ook vanjaar op 14 en 15 Mei die ATKV-Debat se Mpumalanga/KwaZulu-Natal ronde aan.  Elf spanne gaan ook op 29 Julie vir die eerste keer aan Con Spirito debat by Helpmekaar Kollege deelneem.

Vlnr: Teneil le Roux, Gabi van der Merwe en Katrien Hiemstra


Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal