)

Hoërskool Nelspruit Rugby meer as net ‘n passie

Mnr. Hennie Skorbinski saam met die Rhinos se kaptein Gerard Venter (middel) en onderkaptein Charles Gates

Hoërskool Nelspruit is opgewonde oor die rugbyseisoen. Die Rhinos, NHS se eerstespan, het reeds hul eerste wedstryd van die jaar by die Monnas Eeufees gespeel. Mnr. Hennie Skorbinski (Direkteur van NHS Rugby) het groot planne vir die rugby by NHS.

Mnr. Hennie Skorbinski se passie vir rugby is onblusbaar. Met sy aanstelling as Hoërskool Nelspruit se direkteur van rugby aan die einde van 2019, het daar nog nie gras onder sy voete gegroei nie.

Nie net is hy aktief betrokke by NHS se rugbyspelers en -afrigters nie, maar ook by Skor@life Rugby Akademie waar hy tans 188 spelers, van ouderdom 6 tot 18 in die middae afrig.

Covid-19 en die gepaardgaande eise wat dit op skolesport gestel het, het hom ook nie onder gekry nie. Hennie het spelers en afrigters gemotiveer om op hulle eie aktief te oefen en hulself te kondisioneer vir wanneer die rugbyseisoen weer volstoom voortgaan.

Sy rugbybelange strek nog verder as die skool en die akademie. Hennie is onlangs as die hoof van die Mpumalanga Rugby Instituut aangestel. Die Instituut se fokus is om talentvolle spelers die geleentheid te bied om hoë kwaliteit rugby-afrigting en -ontwikkeling te kry en om ook ‘n nasionale kwalifikasie in landbou, bemarking of sportadministrasie te bekom.

Hennie werk hard om vir kinders deur middel van rugby hoop te bied. “Ek wil graag vir die Laeveld se rugbyspelers hoop gee en hulle toekomsdrome waar maak.” Hy sê hy sien die meeste uit dat die skolerugby-seisoen eersdaags afskop. “Ek kan nie wag vir die spelers om die geleentheid te kry om weer te kan speel nie.

Met Hennie se positiewe uitkyk op die lewe en sy passie vir rugby en mense, wink daar ‘n blink toekoms vir rugby in die Laeveld.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal