Neil de Beer, ‘n oudskolier van 1986 van Hoërskool Strand, het op 26 Oktober by die skool besoek afgelê. Sy vertellings van sy stoutighede op skool en opwindende lewe daarna het groot byval by die leerders gevind. Sy boodskap van “Change your attitude” het veral ‘n indruk gemaak. Hy was onder andere ook die spanbestuurder van die onder 21-span wat in 2004 ‘n brons medalje en in 2005 ‘n goue medalje by die Wêreldbeker-kampioenskap verower het. Hy het die skool vereer met twee.van hierdie geraamde en getekende Suid-Afrikaanse onder 21-truie en medaljes.