National All Girls’ Festival. Hoër Meisieskool Oranje se skaakspan het sesde uit 14 deelnemende skole op die National All Girls’ Festival by Eunice High School geëindig. Dit het ’n geskiedkundige oorwinning oor Eunice (3-1) ingesluit wat moontlik ’n heel eerste is.
Oranje se span bestaan uit Lize de Klerk (kaptein), Ammoret Minnaar, Beaulah Shaw en Daniëlle Herbst.
Volledige uitslae:
- Wen La Rochelle 4-0
- Wen Eunice 3-1
- Verloor Clarendon 0-4
- Verloor Jeppe 1½ – 2½
- Gelykop Paarl Girls’ 2-2
- Wen Northlands 3-1
- Verloor Danville Park 1½ – 3½
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf