Nasionale Stoeikompetisie. Steyn Liebenberg slaan toe met dubbel goud!
Steyn Liebenberg, ’n kranige leerder van Hoërskool Brandwag in Uitenhage, Oos-Kaap, het die mat behoorlik aan die brand gesteek tydens ’n nasionale stoeikompetisie. Hy het met nie een nie, maar twee goue medaljes huis toe gekom! 🇿🇦
Steyn het sy teenstanders oorrompel in beide die Freestyle én Grieks-Romeinse afdelings, en daarmee sy plek as ’n ware kampioen verseker. Asof dit nie genoeg is nie, is Steyn ook bekroon as die beste Grieks-Romeinse stoeier van die dag – ’n uitsonderlike prestasie wat sy talent, harde werk en ystervasberadenheid beklemtoon. 🏆💪
🎉 “Baie geluk, Steyn! Jy dra die Band van Grys en Groen met waardigheid en trots. Die hele Brandwag-familie juig saam met jou – jy is ’n inspirasie vir ons almal!”
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor











