Nasionale Krieketweek. Potchefstroom Gimnasium se krieketspelers het ’n uiters goeie Nasionale krieketweek gehad!
- Deidré van Rensburg is vir die SA o.19-skole damespan gekies. Sy het ook 78 lopies aangeteken en is aangewys as speler van die wedstryd tydens Mpumalanga se wedstryde.
- Tommie Botha teken die 2de meeste lopies aan tydens die o.17-week. Hy is ook aangewys as die “all-rounder” van die week
- Righardt Joubert teken 107 lopies aan teen die Titans en 58 lopies teen Gauteng 1 tydens die o.15-week
- Ulrich Botha teken 58 lopies aan teen Gauteng 2 en 75 lopies teen Gauteng 1
- Caiden Seleka is verkies tot die Western Legend Klubspan
- Thloni Thabatha het 3 paaltjies geneem teen Gauteng 1
- Henré Cronjé het 5 paaltjies geneem teen Gauteng 1
- Jahndré Coetzee is as speler van die wedstryd aangewys tee Border Kei. Hy teken ook 38 lopies aan en neem 2 paaltjies vir slegs 8 lopies in 8 beurte.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf