Nasionale Huisgenoot Eisteddfod. Karla Marais, Graad 11 leerder van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, het gedurende Julie aan die Nasionale Huisgenoot Eisteddford Kompetisie deelgeneem. Sy het ‘n Silwer medalje in die afdeling Redenaars graad 11 en 12 ontvang. Die onderwerp was Dissipline is die legkaart wat ons bemagtig vir die toekoms. Verder het Karla ook ‘n Brons medalje ontvang in die afdeling Prosa graad 11 en 12.
Die prosa wat sy voorgedra het kom uit ons nuutgeskrewe toneel Die Leser waar sy vroeër die jaar die hoofrol vertolk het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf