
Nasionale Dresseer Kampioenskappe. Jade le Roux, Graad 10 leerling van Hoërskool Duineveld in Upington, hou tans die eerste posisie in die Noord-Kaap vir Dresseer Suid-Afrika. Jade gaan vanaf 27 tot 31 Maart deelneem aan die Noord-Kaap en Goede Hoop Equestria in Kimberley. Hierdie geleentheid is die Nasionale Dresseer Kampioenskappe.
Dit sal haar landswye status bepaal en is die laaste kampioenskap voor die Protea verkiesing. Die kompetisie is die grootste in Suid-Afrika en kan haar moontlik op die half-ereklere rol plaas. Jade is ook onder die top-15 vir Dresseer Suid-Afrika.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf