Hoërskool Upington het Saterdag, 29 Oktober 2016, teen Kenhardt in die 40-beurt dagliga gespeel. Uppies het eerste gekolf en ‘n telling aangeteken wat lank in die rekordboeke gaan staan. Kolwers wat bygedra het tot die somtotaal van 383 lopies is Dian Kapp met 21 en Giovanni Lategan met 47, maar die uitblinker was Nakkie Duvenhage wat losgestrek het en elke bal met kanonhoue aangeval het.

nakkie-duvenhage-hs-upington-krieket

Nakkie het 175 balle in die gesig gestaar en met 16 viere en 28 sesse wat oor die grens gevlieg het, ‘n totaal van 300 van die 383 lopies aangeteken. Hy het sy 300 met die laaste bal van die beurt gekry.

Kenhardt het moedig terugbaklei, maar is deur baie goeie boulwerk van Henco Kotze (6 paaltjies), Benré Engelbrecht (1 paaltjie) en Mason Zacharia (2 paaltjies) uitgehaal, vir 30 lopies.

nakkie-duvenhage-upington-hs-krieket

Baie geluk aan Nakkie met die uitmuntende stuk kolfwerk!!

Become a Sponsor