In Julie 2017 het Nadia (Gr. 11) en Natacha (Gr. 12) Noack na Natal getoer, en het as deel van die Gautengspan aan die Suid-Afrikaanse Skole Skaaktoernooi deelgeneem. Beide die dogters het met ‘n silwer medalje weggeloop.
Dit was Nadia se tweede agtereenvolgende jaar wat sy vir hierdie span gekies is, en Natacha se eerste keer.
“Ek het in Graad 9 begin speel, terwyl my sussie in Graad 8 begin het,” het Natacha vertel, “Meneer Swart het ons al van die begin afgerig. Dit was vir my ‘n baie lekker leer proses, en ons het baie goeie vriende gemaak toe ons Natal toe is!”
Baie geluk aan hierdie twee sussies met julle baie mooi prestasie!
Foto heel bo:
(Van Links): Natacha Noack (Graad 11) en Nadia Noack (Graad 12)
Verskaf deur Monique Naudé