Musiekblyspel. In die geskiedenis van Erries was daar nog nooit ‘n musiekblyspel aangebied met soveel uitdagings nie. Die tema van die Musiekblyspel was “The girl in the pink pajamas”.
Covid-19 het byna veroorsaak dat hierdie produksie nie die lig kon sien nie. Uiteindelik het die week waarna almal met reikhalsende verlange uitgesien he, het aangebreek: 11 – 16 Oktober.
Hierdie produksie kon aangebied word onder die uitstekende leiding van die musiekdepartement en veral me. Theunie Heinz. Bernard Jacobsz, die regisseur, se paaie het ook met dié van die Erries gekruis. Hy het hom skitterend van sy taak gekwyt.
Alles van hierdie produksie was wêreldklas. Dirkie van Staden was die kitaarspeler. Lizanne Dippenaar was die vioolspeler. Phila Dladla was vokale-afrigter en tromspeler. Andrew Roos het gesorg vir die klank en Johan Ferreira vir beligting. Met hope vasberadenheid en uithouvermoë van die Erries is die spreekwoordelike wa deur die drif getrek.

Ermelo was uitgehonger vir die uitstaande musiektalent en toneelspel. Die gehore is elke aand opnuut betower deur leerders met ‘n absolute passie vir dit waarvoor hulle lief is. Verskuilde talente is by die Erries ontdek. Dit is ontwikkel tot op ‘n hoë vlak.

EHS is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir sy leiding en genade en die groot sukses wat “The Girl in the Pink Pajamas” was.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Ermelo:
Become a Sponsor








